}

TROUFOTOGRAAF IN BLOEMFONTEIN, VRYSTAAT, KAAPSTAD, WES-KAAP, SUID-AFRIKA, NOORD-DAKOTA, SUID-DAKOTA, BESKIKBAAR VIR TROUE WÊRELDWYD.

Julle het seker al bietjie op my website, Instagram of blog rondgesnuffel en gedink… dalk is sy die een wat ons troue moet afneem.

Indien dit so voel, is die volgende stap om met my te gesels. En as dit vir julle reg voel, is ek super opgewonde om dié pad saam met julle te stap.
Dit sal vir my ’n massive voorreg wees om julle mooiste dag vas te vang.

Ek hou van mense wat net hulleself is. Ek hou van foto’s wat iets vertel,  sonder stywe poses of geforste goed.
Net julle. Gemaklik. Soos julle rêrig is.

julle is verloof!

Kom ons gesels!

Sodra julle die kontrak onderteken en die 40% deposito betaal het, is julle datum vas.

Ek stuur sommer daarna vir julle ’n paar handige goed om alles makliker te maak.
Ek’s net ’n e-pos weg as julle vrae het of enige raad sou nodig hê.

Kry julle troudatum op my kalender

Hierdie shoot kan gebeur enige tyd ná julle verloof raak tot ’n paar dae voor die troue. Daar’s nie ’n reg of verkeerd nie. Julle kry julle foto’s binne twee weke. Verlowing fotos word slegs weeksdae afgeneem, Maandae tot Donderdae. 

Wat’s ingesluit:
60 minute
60+ high-resolution edited fotos
Aanlyn galery 

R 2000
(reis binne 30 km ingesluit)

verlowing sessie


Reis verder as 30 km: R6.50/km

Min of meer een tot twee maande voor julle troudag hou ek daarvan om saam met my bruide deur alles te gaan — van die tydlyn en familiefoto’s tot al daai klein detailtjies wat maklik vergeet word.

Ek glo in goeie beplanning, sodat julle nie die week voor julle troue hoef te stres oor foto’s of oomblikke wat julle wil onthou, maar dalk nie betyds aan gedink het nie.

Hoe meer ons vooraf uitsorteer, hoe meer kan julle op die dag self asemhaal en net alles ten volle beleef en geniet.

troudag beplanning

Vandag is dit julle ja-oomblik. Julle mense. Julle manier. Julle herinneringe.
En ek’s reg daar, met my kamera in die hand en ’n vol hart.

My doel?
Om alles vas te vang sodat julle, jare van nou af, nie net die foto’s sien nie — maar weer voel presies hoe dit was.
Sodat elke beeld julle terugvat na daai presiese oomblik .

julle groot dag ! 

12 ure se dekking
±800 High-Res foto’s
Aanlyn galery om maklik te deel en af te laai
2 fotograwe

*PLUS*
40-Bladsy 30x30 Fine Art
Trou-Album
Keepsake box USB
100 sneak peek previews in 72h

Vir die paartjies wat niks wil mis nie.

Die Onvergeetlike

Pakket 3

PAKKET 1

12-ure trou pakket
12-ure trou pakket

 Bloemfontein - R 16 500
Oos-Vrystaat - R 18 500
George & Garden Route - R20 500
Cape Town/winelands - R21 500



Troufotografie Pakkette

 Kies ’n trou pakket wat werk vir julle dag

Elke storie is uniek. Hierdie pakkette help jou kies hóé julle dit wil onthou.

Beplan julle ’n elopement of iets besonders wat nie heeltemal in hierdie pakkette pas nie?

Geen probleem nie! Ek werk graag saam met paartjies om iets uniek en persoonlik saam te stel wat regtig by júlle pas. Stuur gerus vir my ’n e-pos by marleekrugerphotos@gmail.com

Ideaal vir paartjies wat hul dag wil geniet sonder haas.


 12 ure se dekking
±800 High-Res foto’s
Aanlyn galery om maklik te deel en af te laai
2 fotograwe


Van die oggend se hare en grimering tot laataand op die dansvloer , elke stukkie van julle dag, vasgevang. Hierdie is vir die paartjies wat hul hele storie wil onthou in detail.


As julle meer wil hê. Meer tyd. Meer detail. Meer trane-en-lag-en-liefde vasgevang.

Die Volledige Storie

pakket 2

Die perfekte keuse as jy intiem trou, sonder om iets belangriks mis te loop.



10-ure trou pakket

Prys per area:

Prys per area:

Prys per area:

Bloemfontein - R 20 500
Oos-Vrystaat - R 22 500
George & Garden Route - R 24 500
Cape Town/winelands - R 25 500



Bloemfontein - R 28 500
Oos-Vrystaat -  R30 500
George & Garden Route - R 34 000
Cape Town/winelands - R 35 000



(reis + verblyf ingesluit)

(reis + verblyf ingesluit)

(reis + verblyf ingesluit)

 10 ure se dekking
±600 High-Res foto’s
Aanlyn galery om maklik te deel en af te laai
Een fotograaf & assistent

Vir paartjies wat net die kern van die dag wil vasvang: voorbereidings, seremonie, paartjiefoto’s en ’n stukkie onthaal.

DIE ESSENSIELE

bespreek nou

Ekstra uur dekking
Tweede fotograaf
Sneak peek binne 48 uur

Verlowing sessie

40 Page 30x30 fine art album 

Vinnige Aflewering


Beskikbaar in weeksdae Maandae- Donderdae 


Kontak ons vir meer inligting

Julle volledige trougalery is reg vir aflaai binne 5 werksdae ná die troue. Vinnige Aflewering kan net vooraf bygevoeg word en nie na die troue nie.

40-50 fotos

Opsionele Byvoegings

R 1600 per uur
R 2500
R 2000

begin by R 1 800

begin by R 5 500

R 3 500








ALBUMS

voeg ’n album as ’n ekstra by — die mooiste manier om julle troudag weer en weer te beleef.

Ek glo nie foto’s hoort net op ’n rekenaarskerm nie. Een van die beste maniere om julle trouherinneringe te bewaar, is om ’n album te bestel.

Hierdie hoë kwaliteit, professioneel ontwerpte albums is beskikbaar in verskillende linne- en leerafwerkings.

Hulle lê perfek plat oop en lyk ongelooflik op ’n koffietafel. 

Heeltemal iets anders as die blink plastiekalbums wat jou ouers dalk nog het.
Albums moet vooraf betaal word voordat ontwerpwerk begin, en neem gewoonlik vier tot ses weke om klaar te ontwikkel, insluitend enige hersienings.

Behalwe in die geval van drukfoute is albums ongelukkig nie terugbetaalbaar nie. Jy kan ’n album enige tyd voor of ná die troudag bestel.

Colors Pictured: Oatmeal

Colors Pictured: Portland Suede

Colors Pictured: Ardesia Leather & Something Blue

Dis vir ewig

  •  ’n Nie-terugbetaalbare besprekingfooi van 50% is betaalbaar om die datum vas te maak.

  • Die besprekingfooi vorm deel van die totaalbedrag. Die volledige bedrag moet ten minste 1 week voor die troudatum betaal wees.

  • Geen terugbetalings word gemaak in die geval van kansellasie.

  • Fotograwe dek slegs publieke venues en gastehuise – geen privaat huise sal afgeneem word nie.

  •  ’n Tweede fotograaf of assistent is verpligtend vir alle troues buite Bloemfontein.

terme & voorwaardes

Dis maklik om op ’n troudag vasgevang te raak in alles wat moet gebeur en dan mis ’n mens die mooi oomblikke tussenin. ’n Goeie tydlyn gee asemruimte. Dit bring rustigheid. En dit help dat alles vlot verloop sonder gejaag of spanning

As julle fotograaf werk ek saam met julle om ’n tydlyn te beplan wat sin maak vir julle unieke dag. Nie styf of vasgepen op die minuut nie maar prakties en realisties met plek vir trane, koffie, konfetti en liefde

Elke troue is anders en dis presies hoe dit hoort. Hierdie is nie reëls nie net ’n gids wat help beplan hoeveel tyd om waar te los sodat niks verlore raak nie. Onthou niks is vas nie — dis julle storie en julle ritme. Hierdie is net ’n beginpunt.

Tydsberekening is dalk nie wat jou hart vinniger laat klop nie maar dis wat keer dat jy iets van julle dag mis.

Hier is 'n riglyn van die beskatte tye vir elke deel van jou troudag.


tydlyn

troudag

bou die perfekte

byvoorbeeld

60min
 *30-45min
30-45min
 30-45min
 10min
 **15min
 20-30min
 20-30min
1 hour
2-3 hours
       

Bruid se voorbereidings
Bruidegom se voorbereidings
Portrette van die bruid
Die seremonie
Confetti & congratulations
Pre-drinks/Canapés
Family photos
Bruidsparade + Groomsmen foto’s
Paartjie portrette
onthaal

(grimering, hare en aantrek- sonder portrette)

(as hy by dieselfde venue as die bruid is)

(afhangend van hoeveel tyd oor is in julle pakket)


💡Indien julle nie ’n tweede fotograaf bespreek het nie, gaan ons tyd slimmer moet indeel, veral as alles op een plek gebeur.

Dekkingstyd is die tyd wat ek daar sal wees om elke belangrike oomblik van julle gebeurtenis vas te vang, van begin tot einde. Dit word aangepas volgens julle pakket of spesifieke gebeurtenisbehoeftes om te verseker dat ons al die belangrike oomblikke vasvang.

Wat beteken dekkingstyd?

vrae

Ja, natuurlik! Ek sal die fotograaf wees! Ek is daar om elke spesiale oomblik vas te vang en vir julle herinneringe te skep wat vir ewig sal hou.

Gaan jy die fotograaf wees op daardie dag?

Assistent-fotograaf:
Hulle help met alles wat agter die skerms gebeur – van die toerusting en beligting, tot om die hoof-fotograaf te ondersteun en seker te maak alles loop glad. Hulle fokus op die logistiek, sodat die hoof-fotograaf kan fokus op die mooiste oomblikke.

Tweede fotograaf:
Die tweede fotograaf vang die oomblikke wat jy dalk nie eers opmerk nie, en gee ekstra hoeke en perspektiewe wat die visuele storie van jou dag verryk. Hulle werk saam met die hoof-fotograaf om verskeie hoekies van jou dag vas te vang, wat die algehele foto’s nog meer interessant en vol lewe maak.

Wat is die verskil tussen 'n assistent-fotograaf en 'n tweede fotograaf?

Elke pakket dui die minimum aantal professioneel bewerkte foto’s aan, elkeen sorgvuldig gekies om die mooiste oomblikke van jou troudag vas te vang. Die presiese aantal sal afhang van die pakket wat jy kies.




Hoeveel foto’s is ingesluit?

Nee, ek maak nie kliënte dunner of doen groot veranderinge aan hul voorkoms in die na-bewerking nie. My doel is om jou algehele voorkoms op ‘n natuurlike en vriendelike manier te beklemtoon, terwyl ek jou egte voorkoms in die finale foto’s behou. Jy is mos mooi soos jy is.

Kan jy ons dunner maak in die foto's?

Ek voorsien nie RAW foto’s nie. My kundigheid lê in na-bewerking om die beste finale produk te lewer. RAW lêers sal nie aan die kliënt gegee word nie. Alle foto's sal in hoë-resolusie JPEG-formaat voorsien word. Wees verseker, julle sal 'n pragtige stel volledig bewerkte foto's ontvang.

Kan ons al die RAW foto’s kry?

Die afleweringstyd vir volledig bewerkte troufoto’s val gewoonlik binne die 5-6 weke, maar dit mag selfs vroeër wees, afhangende van die spesifieke pakket wat jy gekies het. Wees verseker, elke foto van jou spesiale dag sal deeglik bewerk word. Indien dit anders aangedui is op jou pakket of enige addisionele items wat jy by jou pakket gevoeg het, sal dit ingesluit wees. Die "Vinnige Aflewering" opsionele byvoeging  kan slegs net vooraf bygevoeg word en nie na die troue nie.

Wanneer sal ons ons troufoto’s ontvang?

Slegs Pakket 3 sluit 'n voorsmakie van 100 foto’s binne 72 uur na julle troue in. As jy graag 'n voorsmakie wil hê, kan dit bygevoeg word vir 'n ekstra R2000, wat jou 45-50 foto’s binne 48 uur sal gee. Ek verstaan die opgewondenheid en sal graag 'n voorsmakie van jou troufoto’s voorsien. Gewoonlik sal jy binne 2 weke na die troue 'n seleksie van die foto’s ontvang. Dit gee jou 'n blik op die vasgevangde oomblikke, en die volledige versameling sal volg binne die standaard bewerkingstyd.

Kan ons 'n "sneak peek" van ons troufoto’s verwag?

volgende vraag 

01

02

03

04

05

06

07

08

Indien julle my wil boek en my die eer gee om die belangrikste dag van julle lewe vas te vang, sal ek dit regtig waardeer! Ek weet daar is soveel keuses vir 'n troufotograaf, en dit beteken vir my die wêreld. Ek is nederig en dankbaar vir die vertroue wat julle in my stel.

DANKIE!

BESPREEK NOU